Karakters

Klik die  knoppie om meer te lees oor die karakter

Besoek ons op Facebook!

karakters

[img src=http://www.storieland.co.za//karakters/thumbs/thumbs_boing.jpg]
Ek het snaakse bene, maar jy moenie daarvoor lag nie, want dit maak my hartseer en skaam. Ek is die ou wat baie hoog kan spring.
[img src=http://www.storieland.co.za//karakters/thumbs/thumbs_poppedollie-medium.jpg]Poppedollie
Ons is meisie-Kokkelollies. Ons het strikkies in ons hare en ons giggel heeldag. As ons begin lag, lag al die Kokkelollies saam.
[img src=http://www.storieland.co.za//karakters/thumbs/thumbs_flobba.jpg]
Ek is 'n bietjie lam, maar het 'n warm hart. Maak my warm in die mikrogolf-oond, dan slaap ons twee lekker snoesig saam. Of jy kan kies of ek ook soos die ander Kokkelollies moet kan lag.
[img src=http://www.storieland.co.za//karakters/thumbs/thumbs_ghobbel.jpg]
Ek is altyd honger en eet alles wat voorkom. Sit jou hand in my lyf en kyk hoe verdwyn alles in my maag.
[img src=http://www.storieland.co.za//karakters/thumbs/thumbs_holder.jpg]
Ek het 'n voet op my kop. Al gaan dit hoé woes met my, ek bly altyd op my voete.
[img src=http://www.storieland.co.za//karakters/thumbs/thumbs_pieng.jpg]
Ek is die een met die slim planne. As ek 'n plan kry, gaan die liggie op my kop aan. Skakel my aan vir jou nagliggie en ons twee kan kleurvolle drome droom.
[img src=http://www.storieland.co.za//karakters/thumbs/thumbs_plasplot.jpg]
Ek is baie bang en skaam......en OEPS! moenie my skrikmaak nie, dan gebeur daar iets vreesliks.
[img src=http://www.storieland.co.za//karakters/thumbs/thumbs_tone_0.jpg]
Ek is 'n handskoenpop waarmee jy lekker speletjies kan speel. Ek is nie eentonig nie - ek is vyf-en-tonig.

Elkeen van dié karakters het sy eie storie.

Nog Kokkelolliegoed wat jy kan kry om jou Kokkelolliegesin gelukkig te hou:

  • ‘n CD met Kokkelolliestories, liedjies en musiek
  • Pieng se storie in lees-en-luister formaat
  • DVD met stories en liedjies
  • Jou eie Kokkelollie-T-hemp met die volgende slagspreuke:
    • Ek’s ‘n Kokkelollie en ek is slim – met Pieng se prentjie
    • Ek’s ‘n Kokkelollie en ek gee om – met Flop-Flobba se prentjie
    • Ek’s ‘n Kokkelollie en ek’s oulik – met ‘n Poppedollie prent

Lees ons stories!